‘n Nuwe Bloemfonteinse skoolhoof sien uit na uitdagings wat op hom wag

Alexander Jordaan, voorheen adjunkhoof in Saldanhabaai, en nou die nuwe hoof van van die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein, het aan Bloemnuus vertel dat hy alreeds met sy eerste tree deur die skoolhekke geweet het hy hoort in die Rosestad.

Jordaan se lewe het interessante draaie gegooi – vanaf die staande mag, ‘n BA-graad in Teologie, die tafeldruiwe-bedryf, en toe sy onderwysloopbaan wat in 2009 in die Oos-Kaap begin het.

Jordaan het heelwat planne om bykomende geriewe by die skool op te rig, die koshuis op te knap en ook die skool se bemarkingsmateriaal op die skoolbussies aan te bring.

Jordaan is getroud met Celia en hulle het twee dogters.

Luister na potgooie hieronder