Suid-Afrika het vanjaar 1 320 babas op Kersdag in openbare gesondheidsfasiliteite verwelkom, maar een van hierdie geboortes het groot kommer gewek.

Nuusflits berig onder die nuwe moeders was ‘n 13-jarige meisie in Limpopo, wat aan ‘n babaseun geboorte gegee het.

LEED MEER: Bloemfontein verwelkom die Vrystaatse eerste Kersdag-babatjie

Die meisie se 28-jarige kêrel is deur die polisie in hegtenis geneem vir statutêre verkragting nadat die saak aangemeld is.

Volgens die polisie het die twee mekaar in Januarie ontmoet, en haar swangerskap is in November bevestig.

Die verdagte sal binnekort in die Seshego-landdroshof in Limpopo verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×