‘n Nuwe Speaker word vandag aangewys

‘n Nuwe Speaker vir die Nasionale Vergadering word vandag aangewys.

Die opvolger van Thandi Modise, wat intussen as nuwe minister van verdediging en militere veterane, aangestel is, sal na verwagting rondom 11-uur bekend gemaak word.

Netwerk 24 berig, die verkiesing gaan voort, ondanks ‘n prokureursbrief van ‘n groep individue onder leiding van dr. Onkgopotse JJ Tabane en Lukhona Mnguni, albei politieke ontleders, en die New nation Movement aan Lechesa Tsenoli, die
waarnemende speaker.

Die brief was Woensdag ‘n poging om te verhoed dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula as nuwe speaker gekies word.

Luister na potgooie hieronder