Die Nasionale Poswet is deur president Cyril Ramaphosa bekragtig, wat die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) in staat stel om ’n wyer reeks finansiële en regeringsdienste aan te bied.
LEES MEER: Dis R3,8-miljard of likwidasie vir die poskantoor
Volgens die uitvoerende voorsitter van die Poskantoor, Khathatso Tlhakudi, beteken die wet dat SAPO nou kan dien as ’n toegangspunt tot belangrike dienste soos die aflewering van regeringsdokumente, registrasies en selfs die afhandeling van geboortesertifikate.
Maroela Media berig hierdie stap is deel van ’n groter poging om die Poskantoor finansieel volhoubaar te maak ná jare van verliese en ’n afname in tradisionele posdienste.
LEES MEER: Poskantoor se reddingsboei word van die hand gewys
Die uitbreiding van dienste sal veral gemeenskappe in afgeleë gebiede bevoordeel.