‘n Noord-Kaapse polisiekonstabel is in hegtenis geneem, nadat hy afgneem is waar hy oënskynlik dronk steier en val. In die video wat op X gedeel is, kan gesien word hoe sy kollega hom, ten aanskou van laggende gemeenskapslede, probeer help om te staan.
Volgens IOL het Brigadier Mashay Gamieldien, woordvoerder van die Noord-Kaapse polisie, bevestig dat die polisiekonstabel in daardie stadium aan diens was en dat hy na bewering ‘n staatsvoertuig bestuur het terwyl hy onder die invloed van alkohol was.
Die lid het reeds voor die Mothibistad-landdroshof op ’n aanklag van dronkbestuur, nalatige en roekelose bestuur en vir die gebruik van ’n staatsvoertuig sonder die eienaar se toestemming verskyn. Hy is op borgtog vrygelaat.