Die Universiteit van Suid-Afrika, of Unisa, sê hy sal geen verdere kommentaar lewer oor die minister van hoër onderwys en opleiging, Blade Nzimande, se plan om die universiteit onder administrasie te plaas nie.

Unisa se stilswye kom in reaksie op ‘n verslag wat deur ‘n onafhanklike assessor saamgestel is.

Luidens die verslag is daar skynbaar ongerymdhede waarby selfs werknemers in top-posisies betrek word.

Die verslag stel dit ook dat Unisa nie sy mandaat nakom nie. Unisa het bewerings dat hy besig is om in duie te stort, verwerp.

Rosestad-nuus het vroeër berig die Unisa-raad het nie minder nie as vier regsaksies teen die minister van hoër onderwys en opleiging aanhangig gemaak.

Minister Blade Nzimande wil Unisa reeds sedert begin Augustus onder administrasie plaas.

Ingevolge wetgewing wat hom bemagtig om so ‘n stap te neem, sal die raad van universiteit met die aanstelling van ʼn administrateur moet ontbind.

Daar word na bewering R176 miljoen aan salarisse bestee.

Dié bedrag verteenwoordig 78% van die universiteit se totale begroting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×