‘n Onafhanklike paneel slimkoppe gaan nou ondersoek instel na die matriek-som wat eenvoudig nie wou klop nie.

‘n Vraag in die tweede wiskundevraestel van die matriekeindeksamen, wat deur matrikulante en ander as onmoontlik beskou word, het aanleiding tot die ondersoek gegee.

Netwerk24 berig Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, het gesê dié kundiges sal probeer vasstel hoe die fout deurgeglip het voordat die vraestel versprei is.

Die paneel het die mandaat om die saak volledig te ondersoek.

Die bevindinge sal op 16 Januarie 2023 ten tyde van ‘n media-inligtingsessie bekend gemaak word.

Doktor Mafu Rakometsi, uitvoerende hoof van Umalusi, het gesê die fout sal nie die publikasie van matriekuitslae vertraag nie, en leerlinge se uitslae vir dié vraestel sal nie deur die fout benadeel word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×