Die Vrystaatse LUR van Finansies, Ketso Makume, is bekommerd oor ʼn toegekende bedrag van R1,6 miljard wat teruggestuur is nadat dit nie bestee is waarvoor dit begroot is nie.

SABC News berig die tesourie is veral bekommerd, want wanneer geld na sy koffers terugbesorg word, beteken dit dat die dienste wat met daardie fondse bedoel was, moontlik nie gelewer is nie.

Makume sê dit skep ʼn problematiese situasie as mense nie oor sulke sake verantwoording doen nie, want dit dui op moontlike gapings in die finansiële beheerstelsels.

Hy voeg by dat dit altyd ʼn probleem gaan wees, aangesien swak finansiële bestuur die oudituitkomste negatief sal beïnvloed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×