Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan ondersoek instel of die beweerde korrupsie by die Tembisa-hospitaal in Gauteng na meer hospitale strek.
Die eenheid se hoof, Andy Mothibi, het tydens die gedenkdiens vir die vermoorde fluitjieblaser, Babita Deokaran, gesê daar is bewerings dat die korrupsie na verskeie ander hospitale in die provinsie uitgebrei het.
Die eenheid het ontdek dat ‘n allemintige driemiljard rand moontlik sedert Deokaran se dood uit die Tembisa-hospitaal gesteel is.