Rise Mzansi het gister gevra vir ʼn deurdringende ondersoek na verskeie voorvalle van beweerde voedselvergifting van leerders in Gauteng.

Maroela Media berig dié politieke party se nasionale woordvoerder, Gugu Ndima, het selfs so ver gegaan as om die voorvalle as “verdag” te beskryf en gesê die voorvalle het te kort ná mekaar plaasgevind om bloot toevallig te wees. Ten minste vier voorvalle en verskeie sterftes is in minder as twee weke in Gauteng aangemeld, met die mees onlangse voorval in Bronkhorstspruit.

Alhoewel die voorvalle meer media-aandag geniet en dit wil voorkom of dié soort voorvalle aan die toeneem is, is dit is egter nie volgens Milly Viljoen wat aan die Gautengse kantoor vir verbruikersake verbonde is, die geval nie.

Sy het ook bygevoeg dit is belangrik om nie tot enige gevolgtrekking te kom voordat die departement van gesondheid met sekerheid kan sê dat die kinders wel weens voedselvergiftiging siek geword het nie.

error: Inhoud is beskerm !!