’n Ondersoek oor die bestuur van Swart Ekonomiese Bemagtiging sal geloods word

President Cyril Ramaphosa het voor die Zondo-kommissie onderneem dat die regering en die Raad oor Staatsbeheerde Ondernemings ‘n ondersoek sal loods na die bestuur van Swart Ekonomiese Bemagtiging, oftewel SEB.

Volgens hom kan dit waardevol wees indien S.E.B behoorlik bestuur word, binne ‘n oop, gunstige en deursigtige sisteem.

Tydens die vorige regering het min ondernemings die geleentheid gekry om met staatsinstansies sake te doen, aangesien sekere ondernemings altyd voorkeur geniet het.

Ramaphosa het vroeër vandag getuig dat daar alreeds in 2011 duidelike waarskuwingstekens was oor die Guptas en korrupsie.

Hulle is egter deurentyd deur vooropgestelde strukture beskerm.

Luister na potgooie hieronder