‘n Ondersoek word na die betrokkenheid van hooggeplaastes by die geweld in Kwazulu-Natal, geloods

Die Minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo het bevestig dat ondersoek ingestel word oor die brein agter die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Volgens berigte het Dlodlo op ‘n nuuskonferensie van die veiligheidsgroepering gesê, die moontlikheid word ondersoek oor betrokkenheid van voormalige senior agente van die Staatsveiligheidsagentskap, asook senior ANC lede, almal goedgesindes van Zuma, by die geweld.

Dlodlo het ontken dat die intelligensie gemeenskappe nie gou genoeg opgetree het om die plundering en geweld te keer nie.

By dieselfde mediakonferensie het die minister van Polisie, Bheki Cele, bekend gemaak dat daar tot dusver ongeveer 800 mense in hegtenis geneem is weens geweld.

Luister na potgooie hieronder