Lede van die Mangaung tegniese dienste het op klagtes van inwoners, in Silver City, Phahameng, oor ‘n verstopte mangat gereageer, toe hulle op ‘n groot swaar voorwerp wat in swart plastiek toegedraai was afgekom het.

Na verdere ondersoek is bevind dat dit ‘n liggaam is, en die polisie is dadelik gekontak. Mangaung LUR vir Tegniese Dienste se Vusi Soqaga, het in ‘n media verklaring ‘n beroep op kalmte in die plaaslike gemeenskap gedoen terwyl die polisie die saak ondersoek.

Die polisie kan op hierdie stadium nie spekuleer oor die oorsaak van die dood nie en doen ‘n beroep op die publiek om met enige inligting wat die ondersoek kan help, na vore te kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×