Verdagtes wat glo onderweg was om ‘n sakeman in Benoni te ontvoer, is in hul spore gestuit nadat die wetstoepassingsowerhede van hul planne in kennis gestel is.
Nuusflits berig een verdagte is in Ivory Park doodgeskiet, en nege is in hegtenis geneem.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê die polisie het drie vuurwapens en ‘n voertuig, wat tydens die misdaad gebruik is, gekonfiskeer.
Volgens voorlopige inligting het verskeie veiligheidsmaatskappye saamgewerk om die ontvoeringsplan te stuit.
Terwyl die verdagtes suksesvol onderskep is, het een van hulle het op die polisie geskiet.
Die polisie het teruggeskiet, en die verdagte is noodlottig gewond.
Die oorledene is onlangs uit die tronk vrygelaat.
Van Wyk bevestig die gekonfiskeerde voertuig en vuurwapens is aan ander misdade gekoppel.