‘n Buitelandse burger is die afgelope week met een-miljoen vervalste Amerikaanse dollars ter waarde van R19 miljoen in Kaapstad vasgetrek. Die 46-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die besit van vervalste geld en omdat hy sonder die nodige dokumente in die land is. Die polisie se woordvoerder, Lt Kol Malcolm Pojie, het volgens Netwerk 24 gesê die verdagte motor is in Vasco in Goodwood van die pad getrek en deursoek. Die polisie het ‘n klein kluisie in ‘n plastiese sak gekry met die kontant daarin. Hy sal in die landdroshof in Goodwood verskyn.