‘n Openbare sitting word gehou oor die die wysiging aan die kopieregwetgewing

Die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid hou tans weer ‘n openbare sitting oor die wysigingswetsontwerp wat kopieregwetgewing insluit.

Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa die ontwerp terugverwys het na die parlement, weens twyfel oor die grondwetlikheid daarvan.

Netwerk 24 berig, Shaun Harris, bekende fotograaf, het vandag namens ‘n groep fotograwe en vryskutwerkers in die
parlement oor die regering se voorgestelde wysigings aan kopieregwetgewing gepraat.

Hy voer aan, daar is tot dusver slegs ‘n handvol regsake oor gevalle waar kunstenaars se kopiereg geskend is.

Die eenvoudige rede daarvoor is, dat die meeste kunstenaar nie oor die fondse beskik om oortreders hof toe te neem nie.

Luister na potgooie hieronder