Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gistraand verskeie waarskuwings vir dele van die Oos- en Noord-Kaap, asook die Vrystaat en Noordwes uitgereik.

Die weerdiens het gewaarsku dat van die weerstoestande wat vandag die land gaan tref, moontlike verwoestende gevolge kan hê. ʼn Oranje vlak 6-waarskuwing vir erge
donderstorms is vir die westelike dele van Noordwes en vir die sentrale en westelike dele van die Vrystaat uitgereik.

Dié vlak waarsku teen grootskaalse ontwrigting vir motoriste, aangesien die hoeveelheid reënval en hael, paaie en brûe kan verspoel of beskadig.

Die donderstorms kan swaar reënbuie, groot hoeveelhede hael en skadelike winde tot gevolg hê wat tot oorstromings in laagliggende gebiede kan lei.

Motorsite word daaraan herinner om te alle tye met hul hoofligte aan te ry, en om veilige volgafstande te handhaaf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×