‘n Ou staatmaker van die Volksblad is die afgelope naweek begrawe

’n Geliefde werknemer van Volksblad, Grace Mofana, is Saterdag in Bloemfontein, begrawe.

Sy is verlede week aan Covid-19 oorlede.

Mofana het in 1965 as kombuisassistent in die Volksblad-kantoor begin.

In die bykans 40 jaar diens aan die koerant, was sy die vrou wat vir die hoofredaksie, joernaliste, sportjoernaliste, fotograwe, asook die drukkers by hulle lessenaars met koffie en tee bederf het.

Sy is deur Sobeth Jordaan, oud-redaksie-lid en skakelbeampte beskryf as ‘n stil vrou, wat maklik kon huil oor treurige nuusgebeure in die koerant.

Jordaan het ook aan Netwerk24 gese dat Grace van af die era van die tikmasjien, tot die koms van die rekenaar en die
koffiemasjien deel van die Volksblad-familie kon wees.

Luister na potgooie hieronder