Willem Breytenbach, wie na bewering vermeende slagoffers van tussen 13 en 18 jaar oud seksueel aangerand het, vra nou dat die staat die dag en datum verskaf waarop elk van die beweerde voorvalle sou plaasgevind het.

Volksblad berig Breytenbach, ‘n oud-onderwyser en oud-werknemer van Media24, het gister in die streekhof in Kaapstad verskyn op 16 aanklagte van onder meer onsedelike aanranding, seksuele aanranding en crimen injuria.

Daar is altesaam ses klaers.

Die voorval wat met die eerste aanklag verband hou, het na bewering in 1990 by of naby Grey Kollege in Bloemfontein plaasgevind.

Nog van die 16 aanklagte het na bewering in of by ‘n hotel in Bloemfontein plaasgevind.

Volgens Breytenbach se regsverteenwoordiger is dit vir die staat onmoontlik om aan die verdediging te sê presies wanneer sy kliënt die beweerde dade sou gepleeg het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×