Die 48-jarige Rita Bornman, voormalige skriba van die NG-kerk Verkeerdevlei by Bloemfontein, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Die vonnis is in geheel vir vyf jaar opgeskort, mits sy haar nie gedurende hierdie tydperk aan diefstal skuldig maak nie.

Bornman het vroeër skuld erken op 38 aanklagte van diefstal.

Hiervolgens het sy binne die bestek van ongeveer vier jaar, nagenoeg R300 000 van die kerk se geld in haar eie bankrekening inbetaal.

Volksblad skryf Bornman het aan die hof gesê sy weet haar optrede was verkeerd, en dat dit strafbaar is.

Sy het ook die hof se genade gevra.

Bornman is deur die Bloemfonteinse streekhof gelas om die gesteelde geld aan die kerk terug te betaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×