‘n Voormalige waarnemende stasiebevelvoerder van die Vrystaatse Tweeling-polisiekantoor is tot drie jaar tronkstraf vir veediefstal gevonnis.
Luidens Netwerk24 het Mokete Mokoena, terwyl hy in sy volle polisie-uniform geklee was en in ‘n merkte polisievoertuig patrollie werk gedoen het, vyf skape bymekaar gemaak en met toue vasgebind.
Die polisie is later deur ‘n private sekuriteitsmaatskappy na die toneel ontbied, waar hulle Mokoena se flits by die karkas van ‘n geslagte skaap gevind het.
DNS-toetse het bevestig dat bloedvlekke op Mokoena se klere die van die geslagte skaap was.
Mokoena het tydens sy verhoor drie keer van regsverteerwoordiger verander wat beduidende vertragings veroorsaak het.