’n Bloemfonteinse ouma is glo herhaaldelik in haar huis verkrag, terwyl haar kleinseun in die kop en arm met ‘n mes gesteek is. Mahlomola Kareli van die polisiediens in die Vrystaat, sê die slagoffers was in die huis toe hulle hoor ‘n deur word afgebreek. Drie mans met messe as wapen, het die huis binnegestorm.

Een van die verdagtes het die 65-jarige vrou glo herhaaldelik verkrag. Die 15-jarige seun is na bewering met ‘n mes gesteek, voordat die mans met geld en goedere op die vlug geslaan het. Huisroof en verkragting word deur die polisie ondersoek. Niemand is tot dusver in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×