Doktor Nomsa Masuku, ‘n amptenaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, is vanoggend vir beweerde bedrog van meer as R1-miljoen, deur die Valke in hegtenis geneem. Die klagte teen haar hou verband met beweerde bedrog terwyl sy by een van die land se toonaangewende kommersiële banke werksaam was.

Sy was aan die hoof van ‘n spesiale trust van die bank, wat studiebeurse aan verdienstelike kandidate toestaan. Masuku het reeds vanoggend in die handelshof in Palm Ridge verskyn, waar sy op borgtog van R20 000 vrygelaat is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×