‘n Pa, wat sy 18-maande oue seuntjie verskeie kere met ‘n mes gesteek het, het glo by die polisie gepleit om hom dood te skiet.
Netwerk24 berig die man het ook glo selfmoord probeer pleeg en polisielede met ‘n mes gedreig.
Die seuntjie, wat nog in die hospitaal is, haal tans weer op sy eie asem en is stabliel. Luidens berigte het die seuntjie se ouers, wat besig is om te skei, by ‘n speelpark in Durbanville ontmoet.
Die ma het onrustig geraak nadat die man te lank weggebly het toe hy die seuntjie se doek gaan ruil het. Personeel het die badkamer se deur oopgesluit en die seuntjie met verskeie meswonde aangetref.
Die man is tans onder polisiewaking in die hospitaal.