‘n Pa wat na bewering sy 1-jarige seuntjie en 35-jarige vriendin doodgeskiet het, sal Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Volgens ‘n media verklaring het die vriendin se ma geweerskote gehoor nadat sy tydens ‘n rusie by die bure vir hulp, gaan aanklop het.
Die polisie is ontbied en die slagoffers is op die toneel dood verklaar.
Loraine Earle, ‘n polisie woordvoerder, sê die verdagte is binne enkele ure na die voorval deur ‘n ondersoekpan onder leiding van die Vrystaatse provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade in Botshabelo in hegtenis geneem.
Sy broer, wat in besit van die vuurwapen was, is vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen in hegtenis geneem en sal more saam met die verdagte in die hof verskyn.