Die polisie ondersoek ’n saak waar skoolfondse glo vir persoonlike gewin aangewend is.
Volgens ’n polisieverklaring is drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met bedrog en diefstal van skoolfondse ter waarde van duisende rande.
Die ondersoek het hulle na Harmonia Plaasskool in die Vrystaatse Ficksburg-distrik gelei.
Ná ’n intensiewe ondersoek is twee verdagtes, albei onderwysers, asook ’n burger in hegtenis geneem.
Die drie verdagtes het vroeër die week in die landdroshof in Ficksburg verskyn en is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.
Hulle moet weer op 17 Maart 2025 in die hof verskyn.
Die ondersoek duur voort vir nog moontlike bedrog- en diefstalgevalle.