‘n Kollosale pampoen, so gewigtig soos ‘n volwasse seekoei, het Maandag die wêreldrekord vir die grootste pampoen op aarde laat spat.

Die reuse pampoen het ook ‘n reuse klomp geld aan sy eienaar, Travis Gienger besorg.

Met sy pampoen, wat die skaal op meer as een komma twee ton laat kreun, is Gienger nou meer as R560 000 ryker.

Volgens USA Today neem pampoenboere van reg oor Noord-Amerika jaarliks deel aan die Half Moon Bay Pumpkin Festival in Kalifornië.

Die kompetisie is vanjaar ‘n halfeeu oud.

Gienger se wen-pampoen weeg meer as 113 kilogram swaarder as die van die naaswenner.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×