’n Pastoor van ‘n kerk in Bloemfontein wat hom uit die voete gemaak het nadat sy motor deur twee motorhekke gebars het, het sy rieme vinnig styf geloop.

Die ongeluk, en juis die feit dat die pastoor van die toneel gevlug het, het inwoners van Uitsig warm onder die kraag.

Die ongeluk het Dinsdagaand omstreeks agtuur gebeur terwyl daar beurtkrag in die buurt was.

Netwerk24 berig Uitsig se buurtwag het die pastoor laer af in die straat vasgetrek en die polisie het hom kort daarna in hegtenis geneem.

Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, het gesê die bestuurder van die BMW is glo teruggeneem na die toneel waar inwoners se gemoedere hoog was.

‘n Woordvoerder vir die kerkgroep het gesê die pastoor is hangende die ondersoek geskors.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×