Pastoor Jacob Maré en sy negejarige dogter, Yaleen, vlug glo van die Namibiese polisie ná die dogter se beweerde ontvoering tydens ‘n sportoefening by Laerskool Hartenbos.

Netwerk24 berig die ma, Phia-Mari Vorster, beweer Maré het Yaleen op 14 Oktober sonder haar medewete opgelaai en gevlug.

Namibiese polisiewoordvoerder adj. komm. Kauna Shikwambi, sê inligting dui daarop dat die vlugtelinge op 24 Oktober in die Otjiwarongo-gebied gesien is. Maré het in ’n Facebook-plasing verduidelik hy tree nie uit wraak op nie; hy wil net ‘n pa wees en veg vir wat sy kinders verdien.

error: Inhoud is beskerm !!