‘n Permanente minister van gesondheid is dringend nodig om ‘n voltydse reaksie op die Covid-19-pandemie te lei

Die DA sê ‘n permanente Minister van Gesondheid is dringend nodig om ‘n voltydse reaksie op die Covid-19-pandemie te lei.

Dit volg nadat hulle verwag het dat President Cyril Ramaphosa tydens sy toespraak Sondagaand ‘n nuwe minister van Gesondheid sou aankondig.

Volgens die party se leier, John Steenhuisen is dit verstommend dat die geskorste Minister, Zweli Mkhize, steeds op betaalde spesiale verlof is, ses weke nadat hy geskors is.

Steenhuisen het ook gesê Ramaphosa moes die Minister van Polisie, Bheki Cele asook die Minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo met bevoegde kandidate vervang het.

Volgens Steenhuisen aanvaar die president nié aanspreeklikheid vir die krisis in die land nie.

Luister na potgooie hieronder