’n Petisie vir die verbod op pitbulls is aan die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, oorhandig.

Dit was oorhandig tydens ‘n vergadering tussen die minister, die Sizwe Kupelo-stigting en ‘n slagoffer van ‘n pitbull-aanval.

Volgens die stigter van die Sizwe Kupelo-stigting moet daar regulasies oor kragrasse en wetgewing wees wat eienaars aanspreeklik sal hou in gevalle waar mense aangeval word.

Didiza sê die kwessie sal samewerking met die Departement van Justisie vereis voordat ’n permanente oplossing gevind word.

Meer as 130-duisend mense het die petisie onderteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×