’n Polisiekaptein in die Noord-Kaap se gedrag teenoor die publiek het hom in die sop laat beland.

Netwerk24 berig die kaptein gaan dissiplinêr verhoor word nadat beeldmateriaal op sosiale media toon hoe hy ’n boer en ander inwoners van die Upington-distrik vloek en verskree.

Terwyl die video teen gister meer as 250 000 keer op TikTok gekyk is, sê die provinsiale kommissaris van die distrik, lt.genl. Koliswa Otola, hulle is uiters ontevrede met die onprofessionele en onbehoorlike gedrag wat op die video uitgebeeld word.

In ’n onderhoud met die boer se vrou, wat anoniem wil bly, verduidelik sy die voorval het reeds einde November of begin Desember verlede jaar gebeur.

Otola sê die situasie word onmiddellik aangespreek met die dringendheid wat dit verdien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×