Die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog kom vandag tot ‘n einde.

eNCA News berig dat, ten spyte van die bewustheid rondom hierdie tyd van die jaar, hulle nie ‘n afname in geweld gedurende hierdie tydperk sien nie.

Polisiekonstabel Siyabonga Mbane het sy tweede verskyning in die Blue Downs-landdroshof gemaak.

Hy staan tereg op twee aanklagte van verkragting.

Daar word beweer dat hy ‘n jomg vrou op 29 November in die vroeë oggendure by die Mfuleni-polisiestasie verkrag het.

Die borgtogaansoek sal na verwagting op 17 Desember gedoen word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×