‘n Polisielid is vanoggend omstreeks sewe-uur ernstig gewond toe hy petrol by ‘n vulstasie in Welkom in die Vrystaat wou ingooi.

Netwerk24 berig die konstabel, wat met ‘n polisiebakkie gery het, het onwetend tydens ‘n gewapende rooftog by die petrolpomp stilgehou.

Polisiewoordvoerder, kaptein Stephen Thakeng, het gesê die konstabel, wat ‘n lid van die openbare orde eenheid in Welkom is, is in sy regterskouer geskiet en van sy vuurwapen beroof.

Die konstabel is moontlik met ‘n AK-47 geskiet en is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

Die polisie het ‘n grootskaalse soektog na die rowers begin.

22 polisielede is in die tweede kwartaal van die 2022-2023-boekjaar vermoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×