Twee mense is gewond toe 15 rowers met AK-47’s by ‘n winkelsentrum noord van Durban losbrand.’n Polisiebampte en ‘n burgerlike is in die skietery gewond. Die rowers het op sekuriteits- en polisiebeamptes geskiet, en het ook verskeie voertuie en geboue in die proses beskadig.
Prem Balram, van private sekuriteitsmaatskappy, sê aan SABC News die gewapendes het hierna in drie wegkomvoertuie van die toneel gevlug. Die voorval het plaasgevind terwyl die groep glo ‘n juwelierswarewinkel beroof. Die beseerde polisiebeampte se toestand is kritiek, maar stabiel. Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.