Die polisie het ‘n Portugese sakeman in Soweto gevind, nadat hy by die South Gate-sentrum in Gauteng ontvoer is. Volgens die polisie is die ontvoeringslagoffer gisteraand deur ‘n intelligensie-gedrewe operasie gelei tot waar die man in Soweto aangehou is.

Brigadier Athlenda Mathe, woordvoerder vir die polisie, sê vyf verdagtes is in verband met die sakeman se ontvoering in hegtenis geneem. Die man is intussen met sy familie herenig. Mathe sê deur toegewydheid en vernuf, behaal die polisiedens toenemend sukses met die opspoor van mense wat ontvoer word

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×