‘n Professor in Publiekereg sê Zuma probeer om ‘n politieke krisis te skep

‘n Professor in Publiekereg aan die Universiteit van Kaapstad, Richard Calland, sê oudpresident Jacob Zuma probeer om ‘n politieke krisis te skep in ‘n poging om nie voor die staatskapingskommissie te getuig nie.

Volgens Calland is daar niks waarop Zuma hom kan beroep nie omdat hy reeds ‘n bevel van Suid-Afrika se hoogste hof oortree het.

Intussen het adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die staatskapingskommissie, gister aangekondig dat hy gaan aanbeveel dat die Konstitusionele Hof Zuma tronk toe stuur op aanklagte van minagting van die hof.

Luister na potgooie hieronder