‘n Prokureur is, na hy glo met sy geboeide kliënt gevlug het, in hegtenis geneem. Times Live berig dat die prokureur se kliënt vroeër die week in die Giyani-landdroshof, in Limpopo, op aanklagte van motordiefstal verskyn het. Hy het na sy hofverskyning nog ‘n lasbrief van die Valke ontvang.

Terwyl die polisie besig was met reëlings om die verdagte polisiestasie toe te neem, het sy prokureur hom na sy voertuig geneem en met ‘n spoed weggejaag.  Die prokureur het vlugtig in die hof verskyn en is borgtog van R2 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot Oktober vir verdere ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×