‘n Proses is aan die gang om ‘n permanente munisipale bestuurder vir die Mangaung-metro aan te stel en die pos is reeds geadverteer. Netwerk24 berig voorts Tebogo Motlashuping, waarnemende munisipale bestuurder, het Woensdag gesê hulle gaan ook senior bestuurders en departementshoofde aanstel wat direk aan die munisipale bestuurder verslag sal doen. Intussen word daar berig dat ‘n waterbestuurs-plan ook ter tafel gelê is. Die beleërde metro is tans onder nasionale administrasie en die ingrypingspan het Woensdag verslag oor sy vordering gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×