Onderwysers voel die somme klop eenvoudig nie, wanneer punte-aanpassings gemaak word sodat leerlinge na volgende grade kan vorder sonder dat hulle wiskunde as vak slaag.
Leerlinge van graad-4 tot graad-9 kan wiskunde druip en steeds na die volgende graad deurgesit word.
Netwerk24 berig ‘n wiskunde-onderwyser van die Vrystaatse platteland glo die onderwysstelsel laat kinders erg in die steek.
Hy het gesê kinders word jaar na jaar deurgesit, maar bereik dan later in hul skoolloopbaan ‘n punt waar hulle hoeganaamd nie meer die mas kan opkom nie.
Kondonering behels dat leerlinge se wiskundepunt tot die vak se 40%-slaagsyfer aangepas kan word in gevalle waar dit die enigste vak se uitslae is wat verhoed dat die leerling na ‘n volgende graad vorder.
Selfs al sou ‘n leerling dus nul persent vir wiskunde kry, beteken dit dat hy of sy, onder sekere omstandighede, steeds deurgesit kan word.