Obakeng Ramabudo, EFF-raadslid het glo luidkeels, en in gekruide Afrikaans, laat hoor hy voel lus om ‘n boer te “slaan” omdat hy Afrikaner-bloed soek. Beeld berig by monde van Willie Aucamp van die DA, maak Ramabudo se verskoning nie sy vermeende haatspraak teenoor Tshwane-burgemeester, Cilliers Brink, ongedaan nie.

Die VF Plus sê hy neem regstappe omdat hy nie sal toelaat dat die Afrikaner op hierdie manier verneder en gedreig word nie. Raadslede van die EFF en die ANC, wou nie ‘n spreekbeurt aan Brink toestaan nie, en het hom dit onder meer toegesnou dat hy “‘n wit man is wat in die stoel van ‘n swart man sit”. Gister se chaotiese Tshwane-raadsvergadering is voortydig verdaag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×