‘n 27-jarige man is gister deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy glo verskeie vroue tussen 2015 en Maart vanjaar verkrag het. Sersant Peter Kareli, woordvoerder van die polisie in Bloemfontein het in ‘n verklaring gesê die Polisie se taktiese respons eenheid by Parkweg het gister inligting ontvang van ‘n reeksverkragter wat deur die polisie gesoek word. Die polisielede het na ‘n huis in Fase Sewe gegaan en die verdagte gekry wat homself toegesluit het. Die verdagte wat Maandag in die hof in Bloemfontein sal verskyn, word verbind met ses verkragtingsake wat deur DNA-toetse bevestig is. Die ouderdomme van sy slagoffers wissel tussen 16- en 25 jaar. Hy het sy slagoffers geteiken wanneer hulle ‘n plaaslike taverne verlaat het. Die verdagte het sy slagoffers met ‘n stomp voorwerp oor die kop geslaan en hulle gewurg terwyl hy hulle verkrag het. Sy slagoffers is in Fase 3, 4 en 7 op ‘n Maandag of Sondag vroegoggend aangeval. Kareli het gesê die reeksverkragter is opgespoor deur Speurder-sersant Anny Peter van die Mangaung eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele oortredings in samewerking met die taktiese span. Die ondersoek duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×