‘n Gedenkdiens vir dr Patrick Kint, ‘n mediese registrateur van die Universitas Akademiese-hospitaal wat skielik oorlede is, word Woensdag by die Universiteit van die Vrystaat se mediese fakulteit gehou.
Die 36-jarige Kint is verlede naweek oorlede. Die hoof-uitvoerende beampte van die hospitaal, dr Balekile Mzangwa, het namens die raad en personeel van die hospitaal gesê die ontydige dood van Kint is ‘n groot skok en ‘n verlies vir die hospitaal. Kint het ten tye van sy dood by die Kliniese Eenheid vir Narkose by die fakulteit gewerk.