‘n Regskenner het regterpresident John Hlophe se gedrag bevraagteken te midde van toenemende druk op Hlophe om te bedank

Nadat regterpresident John Hlope die ANC parlementslid Bongani Bongo vrygespreek het op aanklagte van omkopery en korrupsie het ‘n regskenner Hlophe se gedrag bevraagteken te midde van toenemende druk op Hlophe om te bedank. Hlophe het beslis dat daar nie genoeg bewyse teen Bongo is om hom skuldig te bevind nie, en dat die regsadviseur, Nththuzelo Vanara nie ‘n geloofwaardige getuie was nie.  Bongo is daarvan beskuldig dat hy probeer het om ‘n parlementêre regsadviseur om te koop in ‘n poging om ‘n ondersoek na staatskaping by Eskom in die wiele te ry. Die voorsitter van die organisasie Freedom Under Law en voormalige regter, Johan Kriegler het vroeër vir Hlophe van vooroordeel beskuldig en gevra dat hy geskors word. ‘n Professor in publieke reg by die Universiteit van Pretoria, Koos Malan, sê Hlophe kon die vrae oor sy gedrag vermy het deur die hofsaak te laat voortgaan en Bongo te laat getuig.

Luister na potgooie hieronder