‘n Regskenner spreek kommer uit oor die hof se besluit om Zuma se skuldigbevinding te hersien

 ‘n Regskenner en voormalige, waarnemende Hooggeregshofregter, professor Penelope Andrews sê dit is onduidelik wat die Grondwethof se jongste besluit gaan oplewer vir oudpresident Jacob Zuma se vroeëre aansoek in dié hof dat sy skuldigbevinding hersien en herroep word. Kommer is uitgespreek oor of die Grondwethof se geloofwaardigheid in die gedrang kan wees oor sy onlangse toegewing. Die Hof het gister die betrokke regspanne versoek om voorleggings te doen oor Zuma se tronkstraf van 15 maande – en hoe dit ingevolge die grondwetlike en internasionale reg beskou moet word.  Andrews sê die jongste besluit deur die Hof is tot nadeel van die hof se outoriteit en geloofwaardigheid. Andrews sê dit is feitlik ongehoord dat ‘n land se hoogste hof bereid is om kort ná ‘n beslissing, dié bevinding te hersien. 

Luister na potgooie hieronder