Die nasionale kieserslys het vir die eerste keer ooit die 27 miljoen kerf verbygesteek. Maroela Media berig die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, het die syfer gister as ‘n mylpaal bestempel. Die aantal geregistreerde kiesers in 2019 was 26,7 miljoen.

Die OVK hoop egter dat nog mense sal registreer die komende naweek by die meer as 23-duisend registrasiestasies oor die hele land. Of dat diegene wat reeds voorheen gestem het, hul besonderhede sal nagaan. Die naweek sal kiesers se laaste kans voor die verkiesing wees om te registreer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×