Die IPSS Search and Rescue het op hul Facebook-blad gesê hulle het al vreemde oproepe ontvang, maar die een van die krokodil agter die polisiestasie in Mandeni in KwaZulu-Natal die week was een van die beste. Die krokodil van 3,3 meter is Woensdagaand aangekeer nadat die polisiestasie omstreeks tien uur die aand hulp ontbied het. IPSS het besluit om ‘n krokodilvanger in die omgewing, Ashton Musgrave, te kontak om die krokodil veilig aan te keer. Die krokodil is agterop ‘n bakke gelaai en na gesprekke met omgewingsake is besluit om die krokodil Donderdag in Hluhluwe los te laat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×