‘n Reusekragonderbreking teister tans groot, en wydgeleë dele van die Mangaung-metro.
‘n Opwekkingseenheid wat ‘n sleutelrol in kragtoevoer in die metro speel, het onklaar geraak.
Die elektrisiteitsverskaffer, Centlec, kon tot dusver geen aanduiding gee oor wanneer die probleem herstel sal wees nie.
Die volgende areas, of gedeeltes daarvan, word deur die kragonderbreking geraak: Waterbron, Oranje, Sopieshoogte, Kenelworth, Tempe-lughawe, Mooiwater, Spitskop,
Groenvlei, Bainsvlei, Langenhovenpark, Universitas, Brandkop, Pellisier, Fichardpark, Rosepark Hospitaal, Hospitaalpark, Wilgehof, Mediclinic, die Bram Fischer Internasionale Lughawe en Westdene.