‘n Rewolusionêre wending wag op Suid-Afrika se politieke landskap, indien ‘n veelpartykoalise daarin sou slaag om die ANC volgende jaar ‘n bloedneus by die stembus te gee.

Die groep van sewe opposisiepartye, wat voorheen as die Moonshot-pakt bekend gestaan het, heet nou die Veelpartyhandves vir Suid-Afrika.

Die groep het gister – op die eerste dag van sy nasionale konvensie – besluit om nóg partye uit te nooi om by sy aliansie aan te sluit.

Hoewel dit ‘n sogenaamde “ope uitnodiging” is, staan die deur egter nie vir die ANC of die EFF oop nie.

Die huidige Veelpartyhandves-lede is die DA, VF Plus, IVP, ActionSA, die United Independent Movement, die Spectrum National Party en die Independent South African National Civic Organisation.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×