‘n Rooiborsjakkalsvoël wat vir die tweede keer deur die dierebeskermingsvereniging, of DBV, van ‘n sekere dood gered is, word eersdaags in die Bloemfontein-omgewing vrygelaat.

Dié rooiborsjakkalsvoël is in Maart deur die Bethlehemse DBV na ‘n dierehospitaal in Johannesburg gehaas nadat dit rotgif ingekry het.

Dié roofvoë, wat nou Charlie heet, is gering en weer in die Vrystaat vrygelaat.

Einde Julie is Charlie egter vir ‘n tweede keer weens rotgif-vergiftiging na die dierehospitaal gehaas, hierdie keer deur die Bloemfonteinse DBV.

Hy het ‘n bloedoortapping gekry en het die afgelope maande hier aangesterk.

Reinet Meyer, ‘n nasionale hoofinspekteur verbonde aan die DBV in Bloemfontein, het gesê hulle doen ‘n ernstige beroep op mense om nie rotgif uit te sit nie, en om eerder van alternatiewe metodes gebruik te maak om muis- en rotplae te beheer.

Mense wat graag Charlie se vrylating wil bywoon kan ‘n WhatsApp stuur na 078 322 8332.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×